Daarom Skryf Ek – Anna Davel (Aardklop)

Waarom skryf mense liedjies? Wat gebeur voor daardie kreatiewe “fairy dust” begin skitter, en ‘n skrywer voor die klavier of kitaar gaan sit om ‘n splinternuwe liedjie te skep?

Om ‘n liedjie te skryf, kan helend, grensverskuiwend of selfs ontblotend wees. Anna vertel meer van die ontstaan van haar eie liedjies, asook verrassende stories van waar bekende liedjies vandaan kom van o.a. The Beatles, Coenie de Villiers, Leonard Cohen, Lucas Maree en Bob Dylan. Ontdek die onderstrominge en intriges van “Delta Dawn”, “Let It Be”, “Both Sides Now” en “Victoriabaai”.

Met: Anna Davel (sang), Marcel Dednam (klavier), Deryn Dednam (saxofoon en perkussie)

Regie: Anna Davel

Musiekverwerking: Marcel en Deryn Dednam

Vervaardiger: Anna Davel

Genre: Musiekteater

Taal: Afrikaans, Engels

Tydsduur: 80 min.

Gradering: Gesin

Venue: Konservatorium

Datum en tyd: 5 Okt. 19:30, 6 Okt. 19:30, 7 Okt. 16:00

Kaartjies: R150, R130 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)