Nataniël – Nineveh Song

Start date: July 27, 2024
End date: July 28, 2024
Time: 7:00 pm
Location: Atterbury Theatre

Van Mesopotamië tot Mariah, die liefdeslied was nog altyd die kern van populêre musiek. Historici en musikante is reeds dekades besig om die verlore musiek uit ou beskawings na te vors en te herskep, Nataniël het gaan luister en leer en die resultaat is sy nuutste skepping, NINEVEH SONG (slegs aangebied in Stellenbosch en by KKNK), ’n versameling liedere van die begin van beskawing tot 2024 se eerste treffers.Soos die liefde, gaan hierdie vertoning oor skoonheid, humor, hartstog en die soeke na dit wat verlore is. Met tonne romantiek, splinternuwe stories en musiek – bekend en geliefd – is NINEVEH SONG ’n móét vir die fynproewer.Nataniël deel die verhoog met Marcel Dednam (klavier) en Leon Gropp (kitaar), asook sangers Nicolaas Swart en Dihan Slabbert.Kostuums is ontwerp deur Floris Louw.Kaalkopwinkel in die foyer.

Kroeg sluit 15 minute voor vertoning begin.
Geen drank in ouditorium toegelaat.
Geen kinders onder 15.
Geen kortbroeke.