Afrikaans in Styl

Ek het die voorreg gehad om die verhoog te deel met Nataniƫl, Elvis Blue, Corlea en Spoegwolf by Afrikaans in Styl 2023!

Meer oor die konsert:

AFRIKAANS IN STYL keer terug saam met die seisoen van groei. ‘n Kwartet van uiteenlopendheid bring elkeen ‘n eie styl, geskiedenis, nuutste musiek, gewildste oomblikke en berge onvoorspelbaarheid. SPOEGWOLF, ELVIS BLUE, CORLEA en NATANIEL deel die verhoog met vyftien briljante musikante onder leiding van musiekregisseur en Steinway-pianis, CHARL DU PLESSIS. AFRIKAANS IN STYL is ‘n teatrale samekoms van toewyding, tegniek, ontwerp, skoonheid, moles en moontlikhede. Saam (en in styl!) vier ons mooiweer, onweer, verskille, ooreenkomste en inisiatief!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *